SAPD-man dood

TOM BURKE — Adjudant-offisier Gerhardus Human Breedt (54) van Tom Burke SAPS is Sondagoggend 25 Februarie oorlede in die Mediclinic Polokwane nadat hy Vrydag 23 Februarie in ʼn voertuigongeluk betrokke was.

Twee ander voertuie was ook in die botsing betrokke, maar niemand is ernstig beseer nie. Breedt se kollega, adjudant-offisier Mfisa, is lig beseer maar was teen druktyd reeds uit die hospitaal ontslaan.

Volgens die polisie is dit onseker wat die ongeluk, wat op die Polokwane-Matlaka-pad naby Saaiplaas-nedersetting gebeur het, veroorsaak het.

Breedt laat sy vrou, Marianne, sy seun Human jr, sy skoondogter Elaine, sy dogter Adele, sy twee kleinkinders en oogappels Kaylen en Luané en sy pa en ma agter.

Daar was Woensdag 27 Februarie ʼn roudiens vir hom gehou by die Tom Burke-boeresaal en sy begrafnis is Donderdag om 11:00 gehou vanuit die Houtkruiskerk in Polokwane.

Die ondersoek na die oorsaak van die voorval duur voort.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.