Seniors saam

Mej Bosveld 2019 – Veruska Uys, Truikie Stander, Mej Bosveldnooi 2019 – Nelia Grobler en Sarel Stander (die Standers is geliefde oud-Ellisrassers)

LEPHALALE — Die Senior Burger-ete wat Vrydag 6 Julie by Mogolklub gehou is, was vanjaar weer ʼn groot sukses. Dié gewilde saamkomgeleentheid word jaarliks op die Vrydag van die Bosveldfees gehou.

Volgens die organiseerders het daar vanjaar meer gaste as ooit opgedaag om saam te kuier.

Pastoor Attie van Wyk van die PPK Lighuis, het die besondere geleentheid geopen met skriflesing en gebed waarna die gaste kon wegval aan die heerlike kos.

Tienie du Plessis, voorsitter van die Bosveldfeeskomitee, en sy dogter, Mara, op die klawerbord het die gaste op spesiale versoek vermaak.

Dit was ʼn gesellige geleentheid waar ou vriendskappe afgestof is en nuwe vriendskappe gevorm is.

Die hoogtepunt van die geleentheid is elke jaar die oorhandiging van ʼn tjek aan die SAVF Maroela-Oord. ʼn Goeie bedrag van R50 000 is vanjaar ingesamel deur die finaliste van die Mej Bosveldkompetisie.

Elmarie Eybers, voorsitter van die SAVF in Lephalale, het die tjek met dankbaarheid ontvang en gesê: “ons waardeer dit verskriklik baie en nou kan ons met ons projekte weer terugploeg in die gemeenskap, nogmaals baie dankie”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.