Sirkus in Bosveld

LEPHALALE — Hardekool Akademie het onlangs hulle jaarlikse skoolkonsert gehou en alle verwagtinge oortref met hulle “sirkustema”.
Die hele skool – van kleuters tot personeel het deelgeneem met kostuums om van te droom.
Die Harlekyne, die Waka-Waka-meisies met hulle kostuums en danspassies en die Kung-Fu-kids met hulle kombinasie van dans en karate het elkeen hulle eie bekoring gehad.
Die Poedels, die “line dancers”, die tiertemmers, die “Can-Can dancers”, die boerseuns en die Shongololo-groep het toeskouers die hele aand vermaak.
Die Hardies sê elke mens het ’n “super hero” in sy of haar lewe nodig en daarom was die laaste toneel vir hulle baie besonders toe die personeel self op die planke was om te dans as verrassing vir die Hardies.
Hardekool Akademie bedank elkeen wat die konsert bygewoon het – “dankie aan elke leerder, personeellid, ouer en alle ander toeskouers wat tot die sukses van die konsert bygedra het”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.