Skemer tel breipenne op

LEPHALALE — Die VLU Skemertak se lede het Dinsdagaand 16 April heerlik ontspan met hulle breipenne. Nuttige breiwenke is verskaf vir algemene sowel as kompetisiebreiwerk.

Lede van die VLU Skemertak sê die breigogga het gebyt!

Ervare breiers, Hanneline en Marcelle, sê daar behoort vanjaar heelwat brei-inskrywings vanuit dié tak te kom.

Skemertak se volgende vergadering word beplan vir Dinsdag 14 Mei vanaf 18:00 by Hippostraat 13. Die tema is “gesondheid”.

Skakel Trudie Bronkhorst by 079 040 3044 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.