Skitterende Van Stadens

LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden, die talentvolle Pa en Seun, het die afgelope naweek weer eens hulle skietvernuf bewys by die SANAA Bow Hunter SA-Bowhunter-kampioenskappe met afstandskat 60 jaart oor twee dae in Thabazimbi.

Skuts van reg oor die land het aan dié kampioenskappe deelgeneem.

Hennie skiet die eerste dag in die AMBU (Adults Male Bowhunter Unlimited) ’n baie goeie telling van 528 uit 560 en die tweede dag 524 uit 560. Hy mis die tweede plek met net een punt.

Hennie Kruger, ’n springbokskut van Phalaborwa, eindig in die tweede plek. Hy skiet die eerste dag 533 en die tweede dag 520 uit 560.

Werdie was op sy stukke ten spyte van die vreeslike hitte. Hy skiet die eerste dag 542 uit 560 en die tweede dag 546 uit 560. Hy verbeter sy vorige rekord van 544 met twee punte.

Die volgende groot kompetisie is die ABO-SA-kampioenskappe te Magnum Archery in Pretoria op 24 en 25 November.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.