Skuldig

LEPHALALE — Andriné Grové (31) van Lephalale is Dinsdag 17 Maart skuldig bevind op ’n klag van bedrog in die Landdroshof in Leaphalale.

Sy is tot ses maande gevangenisstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar. Sy is ook deur die hof beveel om die bedrag van sowat R20 000 aan die klaer terug te betaal met ingang Woensdag 18 Maart.

Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale Polisie Klusterwoordvoerder, is Grové in Januarie vanjaar gearresteer nadat daar bevind is dat sy haar persoonlike bankrekeningbesonderhede op haar werkgewer se templaatfaktuuur aangebring en gelde wat die maatskappy toegekom het, in haar eie rekening betaal was.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.