Slaggereed

Mauritz Kruger

Daar is tydens dié operasie onder andere afgekom op ʼn aansienlike hoeveelheid wapens en ammunisie op ʼn plaas buite Lephalale nadat ’n polisie-informant die inligting gedeel het.

LEPHALALE — ʼn Taktiese, intelligensie-gedrewe gesa-mentlike operasie deur lede van Lephalale Polisiekluster, die K9-eenheid, die misdaadvoorkomingseenheid, speurders, die bomop-ruimingseenheid en die DBV het die naweek van 17 Augustus talle suksesvolle arrestasies opgelewer.

Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale Polisie Klusterwoordvoerder, was die eienaar van die plaas uitstedig toe die wapens en ammunisie gevind is.

Die polisie het Saterdag gesê die wapenvonds is dalk die spilpunt waarom TRIO-misdade in Lephalale, Modimolle, Bela-Bela en omliggende gebiede draai.

Die 38-jarige Mauritz Kruger het homself Maandagoggend 19 Augustus by Lephalale Polisie oorgegee na aanleiding van die vonds. Hy het Maandag in die Landdroshof in Lephalale verskyn op aanklagte van die oortreding van die Vuurwapenbeheerwet 60/200 Afdeling 3(1) asook die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Hy is borgtog van R2 000 toegestaan en die saak is uitgestel tot Maandag 23 September 2019.

Die polisieondersoek duur voort.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.