Sleepwaens pad byster

DSCF3679

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die drywer van ‘n trok van Anglo American het Donderdagoggend 26 Mei rondom 07:00 ‘n noue ontkoming gehad toe die twee sleepwaens met sementmengers agterop, losgehaak en van die pad af gery het.
Die trok was op pad vanaf Lephalale op die R510 na rigting Thabazimbi toe die voorval gebeur het. Volgens ‘n werknemer van Anglo American wat op die toneel was, het die drywer van die trok goed kopgehou deur aan te hou ry sodat die sleepwaens nie agter in die trok vasry nie. Die een sleepwa is regs van die pad af en die ander een links. Die trok het in die teenoorgestelde rigting in die veld tot stilstand gekom.
Die persoon het aan Mogol Pos gesê die voorval kan toegeskryf word aan die talle slaggate en die toestand van die paaie oor die algemeen. Die knop waaraan die voorste sleepwa vas was, het geknak en die as is gebreek.
Sover bekend, is geen skade opgedoen nie en niemand is in die voorval beseer nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.