Spanwerk by Marlothii’s sportdag

LEPHALALE — Marlothii Learning Academy in Lephalale se heel eerste sportdag is Donderdag 16 Augustus by The Junction se perseel gehou en dit was verfrissend om die spanwerk tussen die kinders vanaf graad 1-12 te sien.

Spanwerk!

Corney Myburgh, eienaar en onderwyser by Marlothii, het almal – van die personeel en ouers tot die kleinste Marlothii vir elkeen se aandeel in ʼn besonder geslaagde sportdag bedank.

“Die dag het gegaan oor spanwerk en ons kan voorwaar trots wees op elke student – dit was wonderlik om te sien hoe hulle saamgewerk en mekaar gehelp het. Niemand het net aan hom/haarself gedink nie, maar ook aan hulle maats langs hulle,” sê Corney.

Daar was vier spanne wat deelgeneem het en hulle was uitgeken aan die kleur linte om hul gewrigte of enkels.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.