Stokke geswaai vir natuurbewaring

LEPHALALE — SANParke se ereveldwagters van die Waterbergstreek, waaronder Marakele en Mapungubwe Natuurreservate val, het Saterdag 21 Oktober ʼn geslaagde gholfdag, ten bate van natuurbewaring, by Mogolklub se bane aangebied. Die toernooi, wat goed bygewoon is, is in Individuele Stableford-formaat beslis.
Kevin Brink, sélf ʼn ereveldwagter, het die prysuitdeling waargeneem en gesorg vir hope humor. Dit was duidelik dat die ereveldwagters en die gholfers die aand geniet het. Kevin het Mogolklub en al die borge, wat vir goeie pryse gesorg het, bedank.
Die uitslae was as volg:
E van Wyk het die langste dag op die baan spandeer, terwyl naaste aan die penne Vincenti Alverado op putjie 8 en Moses Maladji op putjie 11 was.
Die langste dryf is deur Mauritz Bloem geslaan. Annemarie Maloney het met die gelukkige trekking van ʼn kruiwa vol heerlike drinkgoed weggestap.
A Bosman het in die eerste plek geëindig en wen verblyf in Mapungubwe ter waarde van R5 000. Die tweede plek gaan aan Kobus Booysen wat verblyf ter waarde van ongeveer R3 000 wen. Corrie Rautenbach eindig in die derde plek.
Die aand is afgesluit met ʼn heerlike ete in ʼn gesellige atmosfeer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.