Straatslaghuis — verkoop eie bewerkte vleis

LEPHALALE – ‘n Leser het foto’s van ’n “straatslaghuis,” wat blykbaar lankal in Onverwacht bedryf word, aan die koerant verskaf. Die vraag is of dieselfde wette wat op besighede wat handel dryf in vleis en ander bederfbare voedsel dan nie van toepassing is op straatverkopers nie?

Vleis is ’n uiters bederfbare produk en besmetting kan ernstige gevolge vir verbruikers inhou.

Die vraag ontstaan of wetstoepassers soos gesondheidsinspekteurs se gebrek aan optrede teenoor die uit-die-hand-uit-handelaars ’n vrypas gee aan opportuniste om met inwoners se lewens te speel.

Die gesondheidsrisiko’s by so ’n straatvleisverwerkingsruimte oorskry verbruikersbeskermingswetgewing. Die vraag is nie of daar opgetree moet word nie, maar hóékom is daar nog nie opgetree nie?

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.