Strafregprokureurs — tree op vir “oortreder” teen staat

Kobus Malan – strafregprokureur

LEPHALALE — Mogol Pos het ʼn artikel gepubliseer oor die strafproseswet en wat dit behels – “Wat behels die strafproseswet” bladsy 11, in die uitgawe van 1 September 2017.
In dié artikel is aangedui dat die breë publiek meesal oningelig is oor wat die strafproseswet behels. Daar is ook genoem dat daar prokureurs is wat voorkeur gee aan strafregsake. Verskeie navrae is vanaf die publiek ontvang omdat die persepsie bestaan dat nie alle prokureurs strafregsake doen nie. Die meeste prokureurs kan strafregsake hanteer, maar nie almal het dieselfde ervaring daarin nie.
Mogol Pos het Maandag 20 Oktober gesels met Kobus Malan, strafregprokureur in Lephalale. Hy het verduidelik dat strafregsake ook bekend staan as kriminele sake. “Ons tree gewoonlik op vir die ou wat ‘oortree’ het,” sê hy.
Dit is die enigste sake waar die staat die saak beveg soos byvoorbeeld in Oscar Pistorius se saak of die huidige saak teen Henry van Breda.
Malan beveel aan dat enige “beskuldigde” absoluut geen verklarings aflê alvorens hy of sy nie regsverteenwoordiging het nie. “Dit kan jou saak later baie bemoeilik as jy net na ʼn voorval ʼn verklaring aflê. Dit is gewoonlik in abnormale omstandighede en daar word dinge gesê wat later teen jou kan tel,” sê hy.
Malan het jare se ervaring as strafregprokureur – hy praktiseer reeds sedert 1982.
Skakel Kobus Malan van Malan Prokureurs 083 226 3629 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.