Talisman kán!

LEPHALALE — Die Muddy Buddy-byeenkoms, geïnisieer deur Magda Swanepoel, takbestuurder van Talisman Lephalale, is Saterdag 9 Maart by The Junction gehou ten bate van die plaaslike DBV en dit was ’n reuse sukses.

Talisman kán!

Honde-eienaars kon tydens die hondeskou wat in verskillende kategorieë aangebied is met hul dierevriende gaan spog. ’n Totaal van 34 honde is ingeskryf.

Verskeie besigheidseienaars het hulle gewig agter die inisiatief ingegooi en van die hindernisse geborg teen ’n bedrag van R3 000 per punt. Hulle kon terselfdertyd hul spanne vir die sewentien hindernisse inskryf wat gesorg het vir groot pret, maar ook vir uithouvermoë en groot worsteling deur modderwater, klim van toue, kruip deur sementpype, spartel deur skuim en vele meer. Spanwerk was veral van uiterste belang!

Die dag is baie goed bygewoon deur die gemeenskap en die gees was, ten spyte van Saterdag se hitte, ’n fees met heerlike gees en daar word met opgewondheid uitgesien na die volgende Muddy Buddy-byeenkoms.

Talisman bedank, sonder om iemand uit te sonder, elke individu en besigheid wat die dag bygewoon en die sukses daarvan verseker het.

Desire Cloete, fondsinsamelingsbestuurder van die DBV en almal wat daarby betrokke was sê hierdie inisiatief is ’n geweldige finansiële inspuiting vir die DBV en hulle bedank die gemeenskap vir die ongelooflike positiewe gesindheid jeens dié organisasie wat totaal afhanklik is van borgskappe en skenkings.

‘n Bedrag van R38 500 is tydens die dag ingesamel.

Lootjies vir die bedrag van R200 om ’n Toyota Etios te wen, ’n inisiatief om fondse vir die GPF in te samel, was ook tydens die Muddy Buddy-byeenkoms aangebied.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.