Trots akademies!

Inge Zandberg, Inge Botes, Janco von Rönge, Murangi Sithari en
Joey Vorster

LEPHALALE — Die leerders van Hoërskool Ellisras het met groot verwagting uitgesien na die aankondiging van die top-10-leerders in elke graad. Die groot dag het verlede week aangebreek met die uitdeel van rapporte.

Die topleerder in elke graad is: gr 8 – Inge Zandberg met 89,1%; gr 9 – Inge Botes met 87,2%; gr 10 – Janco von Rönge met 92,7%; gr 11 – Murangi Sithari met 90% en gr 12 – Joey Vorster met 86,7%.
 Die trotse skoolhoof, Adriaan Joubert, sê dit is belangrik dat ouers ’n werksatmosfeer in die huis moet skep sodat leerders aanmoedig word om elke dag akademies te verkeer. Hy vra dat ouers nie vakansies gedurende die skoolkwartaal reël nie, veral nie as die leerder in graad 12 is nie.

Indien leerders nie skool bywoon nie, kan onderrig nie plaasvind nie en dit reflekteer sleg op die leerder, onderwyser sowel as die skool. Daar word ook versoek dat ouers seker maak hulle kinders het die nodige skryfbehoeftes soos sakrekenaars, potlode, uitveërs en liniale.

Die personeel wens al die leerders voorspoed toe met die eksamens, veral die matrieks wat eersdaags met rekordeksamen begin.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.