Tuisversorging ís ʼn opsie

LEPHALALE — Mogol Pos het navrae ontvang daaroor dat min mense daarvan bewus is dat sekere mediese fondse wel voorsiening maak vir tuisversorging en die koerant het ondersoek ingestel.

Dalene de Villiers, hospitaalbestuurder by Mediclinic Lephalale, sê Mediclinic is wel deeglik bewus daarvan dat sekere mediese fondse wel vir tuisversorging betaal, maar lede word aangeraai om hulle fondse te skakel om uit te vind waarvoor hulle spesifieke kontrakte voorsiening maak. “Dit hang wel af van die fonds en watter pakket lede gebruik,” sê sy.

Sy sê dit is wel onbekend watter persone in die omgewing opgelei is om tuisversorging te doen en wie is geregistreer om die nodige dienste te lewer.

Marika van Zyl van KANSA Lephalale sê mans of dames kan opgelei word om tuisversorging te doen en sekere mediese fondse betaal daarvoor.

Daar is tans ʼn maatskappy in Pretoria en Kaapstad wat sodanige opgeleide persone in diens het – die versorgers word elke twee weke geruil en hulle word met ʼn maatskappybussie vervoer.

Skakel Marika van Zyl by 082 824 6286 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.