Vaalwater Boeredag om die draai

VAALWATER — Vaalwater se tweede Boeredag word Saterdag 25 November by African Wildlife Auctions (AWA) se perseel gehou.
Inwoners van Modimolle, Bela-Bela, Lephalale, Thabazimbi en Mookgopong kan gaan deel in aktiwiteite soos ʼn losgoedveiling, kaas- en wynproesessies, “craft” bierproe, kosstalletjies, kindervermaak, .22-kompetisies, “paintball”, vlugbal, KANSA-stap, biertent met vermaak, boeresport en vele meer.
Gelde word ingesamel vir die kerke en kinderhuise in Vaalwater.
Gaan woon gerus die Boeredag in Vaalwater by en lewer ʼn goeie bydrae deur selfs net aan die aktiwiteite deel te neem.
Jy kan ook ʼn stalletjie bespreek, items verkoop op die losgoedveiling of ʼn borgskap gee.
Die Boeredag gee aan elkeen ʼn geleentheid om ʼn inkomste te genereer vir Vaalwater.
Die Vaalwater Boeredag sal jaarliks aangebied word met die oog op die vooruitgang en groei van die gemeenskap.
Vir meer inligting oor aktiwiteite, skakel:
Kinderhuisdonasies: Natalie du Toit, 083 591 0597; kosstalletjies: Annie Vermaak, 060 785 9973; losgoedveiling: Zadia Lubbe, 079 431 6712; losgoedveiling en aktiwiteite: Panayota Galanakis, 079 340 1922; mark en aktiwiteite: Adrien Jacobs, 082 712 7721; Mej Bosveldkompetisie en aktiwiteite: Alexi Rough, 071 896 6301 en KANSA-stap: Martie 072 449 2636.
Die organiseerders bedank elke borg en donateur wat dié dag moontlik maak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.