Verdagtes loop saam

LEPHALALE — Daar is Donderdag 15 Augustus tydens die vergadering van die Landelike Veiligheidsforum (LVF) ʼn beroep gedoen op sekuriteitsmaatskappye om saam te staan om misdaad te bekamp.  

ʼn Verteenwoordiger van Monster Sekuriteit (MS) het berig dat vier verdagte mans reeds vir ʼn geruime tyd in Lephalale en omgewing werksaam is. Die spore van die verdagtes is altyd dieselfde en hulle loop twee-twee saam. Die een spoor dui op ʼn nommer 12-voet en een van die ander spore is ongeveer ʼn nommer 6.

Volgens MS is hulle elke aand bedrywig en hulle woon in die bosse langs die Mogolrivier. Verskeie gesteelde goedere is reeds daar gevind.

Hulle is nie bang vir die sekuriteitsbeamptes nie en baie arrogant.

Dieselfde spore is van Marapong tot by die Beska-area gevind.

Enigiemand met enige inligting kan Monster Sekuriteit skakel by 067 975 9710.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.