Verkleurmannetjie Brits hou op eet

LEPHALALE — Die 41-jarige Rudi Brits, voorheen van Lephalale, het Woensdag 5 Augaustus in die Landdroshof in Stellenbosch verskyn op verskeie aanklagte van bedrog.

Volgens kolonel Deon Beneke, ondersoekbeampte, “haat Rudi hom soos die pes”. Rudi was teen druktyd in Stellenbosch in aanhouding, maar baie ontevrede daaroor.

Kol Beneke het aan Mogol Pos bevestig dat Brits op ’n eetstaking gegaan het uit protes omdat hy in Stellenbosch aangehou word, aangesien hy in Pollsmoor Gevangenis wil wees.

Hy het Woensdag 12 Augustus weer in die Landdroshof in Stellenbosch verskyn waar verskeie getuies sou getuig. Die uitslag van die hof was nog nie teen druktyd bekend nie.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.