Vervoer nodig vir droogtehulp

Afriforum, saam met voorsitters van die onderskeie wyke in die landelike gebiede in die Lephalale-area en lede van die Landelike Veiligheidsforum en ander partye is almal deel van die droogtehulp wat tans in Limpopo gebied word. Koördineerders in die onderskeie wyke kan geskakel word vir hulp.

Steenbokpan se eerste vrag is Maandag 22 Oktober afgelewer
(Foto verskaf)

Die koordineerders is:

Stockpoort – Bekker Pelser 084 207 1629;
Steenbokpan – Chris Burger 083 233 5628;
Beska – Marko Lucas 073 522 5222, PT van Staden 071 672 8109 en Willie Nel 083 470 3603;
Baltimore – Jaco Grobler 083 517 5839;
Tom Burke – Willie Zietsman 082 374 8151 en Anel van Staden 072 104 8368;
Baviaanshoek – Jan du Plessis 082 896 3187;
Biltong go back – Heindrich Engelbrecht 083 212 9020;
Afguns – Robert Skinner 082 677 6618;
Bulgerivier – Daan Erasmus 082 561 6820;
Elmeston – Douw Pelser 082 820 5228;
Veilingskrale en Markenpad – Hermanus Pretorius 082 300 9234.

Volgens Douw Pelser, voorsitter van die Landelike Veiligheidsforum, het Beska, Baltimore en Stockpoort reeds almal twee vragte voer ontvang. Stockpoort het self gras begin kap om uit te deel.

“Daar is baie mense en instansies wat ons kan help, maar ons grootste probleem is vervoer. Kan die mense wat vervoerbesighede het nie moontlik help nie? Ouens wat byvoorbeeld daagliks na Pretoria of Johannesburg ry om groente of wat ook al af te lewer – is daar nie van hulle wat dalk met leë trokke terugry nie?” sê Douw.

Enigiemand wat bereid is om te help met vervoer of wat enige bydrae wil lewer, skakel Douw Pelser by 082 820 5228.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.