VLU Ellisras verbreed boomkennis

LEPHALALE — Die lede van die VLU Ellisrastak is tydens hulle Aprilvergadering, gehou by die NG Kerk Albertyn, verras deur die kennis van boomkenner Gert du Plessis.

V.l.n.r.: Delmarie van Zyl, Martie van den Berg (voorsitter), Marieta Eckard, Marika van Zyl, (skakel), Gert du Plessis, Ria Strydom (Bosveldstreekvoorsitter), Carla Kruger, Annatjie Nel en Linetha Fourie

Gert het sy kennis met die dames gedeel oor die verskillende bome en interessante gebruike van onder andere die maroela- en appelblaarboom.

Volgens Marika van Zyl, takskakel, het elkeen van hulle dit baie geniet. “Ons het verryk en geïnspireerd daar weggestap met die goeie voornemens om voortaan in die veld te gaan stap om boomspesies uit te ken.

“Dankie Gert, ons sien uit na ʼn volgende keer,” sê Marika namens almal in die tak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.