VLU Ellisras vier musiek

LEPHALALE — Die lede van die VLU Ellisras-tak het Donderdag 21 Februarie by die NG Kerk Albertyn ʼn oggend van bederf en nostalgie gehad met die tema: Musiekkultuur van toeka tot nou.

Marieta Eckard, Martie van den Berg en Ria Thuynsma

Lede wat verlede jaar tydens die tak se prysuitdeling toekennings ontvang het, het erkenning gekry.

Hulle is: Ria Strydom, Bosveldstreekvoorsitter, wat die meeste punte behaal het vir kompetisieartikels deur die afgelope jare;

Linetha Fourie is aangewys as die mees belowende lid van die VLU; en

Marieta Eckard vir haar sestigjaarlid-maatskap aan die VLU en vir 100% bywoning.

Alle dames wat belangstel om kreatiewe dinge te doen en graag betrokke wil raak by die VLU word uitgenooi om die volgende byeenkoms by die NG Kerk Albertyn op Donderdag 11 April om 09:00 by te woon.

Skakel Marika van Zyl by 082 824 6286 vir meer inligting of navrae oor die tak se bedrywighede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.