“Waarom kom ons kinders nie kuier nie?”

Die 81-jarige Iris Bester, inwoner by
Huis Eden, smag daarna om haar kinders en haar predikant te sien

LEPHALALE — Die inwoners van Huis Eden, ֹ’n 24-uur-seniorsorgsentrum in Lephalale, is almal bedlêend en volgens Marinda Maherry, stigter van dié huis, verstaan hulle nie waarom hulle nie besoekers ontvang nie.

“Ons handhaaf nog steeds Vlak 5 van inperking omdat die inwoners se immuniteit baie swak is,” verduidelik sy.

Daar is tans net drie inwoners in Huis Eden, want die risiko om op die oomblik ander mense in te neem is net te groot, sê sy. Hulle ontvang ook kruideniersware by die hek en niemand anders mag die perseel binnegaan nie.

Die personeel is nie tans voltallig nie, Marinda en een ander personeellid versorg die drie inwoners alleen.

“Ouma Iris Bester sê sy soek haar predikant en van die ander baklei met hulle kinders omdat hulle nie meer kom kuier nie.”

Marinda sluit af deur te sê sy het onlangs ’n brief van ’n 95-jarige dame op Facebook gelees waar sy sê haar tyd op aarde raak min en waarin sy God vra of sy haar kinders asseblief net nog ’n laaste keer kan sien.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.