“Wees die beste jy”

LEPHALALE — Philip van Wyk het vier onderskeidings in 2017 se matriekeindeksamen behaal en hy is tweede op die top-10-presteerderslys van Hoërskool Ellisras.
Hy het onderskeidings behaal in Engels (eerste addisionele taal) – 83%, wiskunde (84%), fisiese wetenskappe (89%) en inligtingstegnologie (82%).
Philip gaan vanjaar Meganiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer.
Die belangrikste les wat hy in sy skoolloopbaan geleer het is dat nederigheid en harde werk jou ver bring in die lewe. “Dit is belangrik om te streef na die beste jy wat jy kan wees”.
“Baie sterkte vir die matrieks van 2018. Werk hard en gee julle beste. Maak die beste van elke oomblik, want voor jy jou oë uitvee is die jaar verby,” sê hy.
Philip sê hy wil graag sy ouers, sy grootste ondersteuners, bedank vir alles wat hulle vir hom doen en beteken. “Hulle liefde en ondersteuning het my vir 12 jaar gedra,” sluit hy af.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.