Wees voorbereid

Leoni Kruger
LEPHALALE — Mens moet voorbereid wees vir ‘n potensiële gevaarsituasie. Tydens die vergadering van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wat verlede Donderdag by die Mogolklub gehou is, is daar ‘n bespreking gehou oor wat ‘n mens te doen staan as jyself in ‘n noodsituasie is.
Lofty Fourie, waarnemende voorsitter van die GPF het aanbeveel dat huisgesinne “oefen” wat elkeen se rol sal wees indien daar ‘n gevaarsituasie ontstaan, soos byvoorbeeld iemand wat jou huis betree.
“Daar moet ‘n ‘veilige plek’ in die huis wees waarheen almal kan gaan as daar iets vreemd gebeur. Elke kind moet weet wat sy of haar rol is. Mens moet kriminele verras – nie hulle vir jou nie. Vra jouself af wat jy gaan doen indien iemand byvoorbeeld jou voertuig van die pad af dwing en ‘n vuurwapen teen jou kop hou. Gaan jy die persoon teëgaan of gaan jy net oorgee en sorg dat jy so ver as moontlik van die toneel af wegkom?” het Fourie verduidelik.
“Niemand kan alles wat gaan gebeur voorspel nie, daarom moet mens tyd neem wanneer jy in ‘n ontspanne omgewing is en daaroor dink wat jy gaan doen as gevaar dreig. Wees voorbereid en oefen die “drills” sê Fourie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.