Welkome reën


(Foto-krediet: Jan Eckard)

LEPHALALE — Die welkome reën wat in die vroeë oggendure van Maandag 11 November in Lephalale en omliggende areas geval het, het die inwoners en boere laat juig. Dié reën is toe by die meeste plekke opgevolg met nóg hewige buie.

Mogol Pos het gaan uitvind hoeveel reën daar in sekere areas geval het.

Dit blyk in Lephalale-dorp en Onverwacht het daar tussen 28 mm en 60 mm in twee buie geval. Meer as 100 mm reën het op sekere plase geval.

Die volgende plase of areas het in twee buie die genoemde aantal millimeter reën gekry:
Bulklip (Noord van Lephalale) 54 mm;
Elmeston 39 mm; Ehrenbreitstein (Thabazimbipad) 88 mm; Bergfontein (langs die Mogolrivier) 127 mm.
In die TOOG-area:
Grafton 82 mm, Rendevoux 100 mm, Rivierplaats 62 mm, Leadwood 110 mm, Annexatie 75 mm, Tamboti 136 mm, De Draai 95 mm, Mountain View 95 mm, Caledonia 90 mm en Kransdans 110 mm.

Op die plase Zeekoegat, Zandrevier en Vygeboomspoort het daar 100 mm reën geval.

Plase in die Steenbokpan-area het minstens 50 mm reën gehad en in Baltimore het daar ongeveer 52 mm geval.

Op die plaas Eendracht op die Uitspanpad het daar 21 mm reën geval en areas in Stockpoort se rigting het ongeveer 30 mm reën gehad.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.