Wenners

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Saterdag 23 Februarie 2019 die 56ste Bosveld Interhoëratletiekbyeenkoms met amper 30 punte gewen. Dié eer het hulle die laaste keer in 2005 te beurt geval.

Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi was Saterdag vir lank in die eerste plek met EHS en Hoërskool Ben Viljoen kort op hulle hakke. Met die laaste items, kort afstande en aflosse, het EHS se atlete egter onder almal uitgeseil en onder luide aanmoediging en inspirasie van Skoolhoof Adriaan Joubert gesorg dat hulle skool die eerste plek inpalm.

Nadat EHS as wenskool aangekondig is, het leerders, sangers, ouers, afrigters en vriende na die veld gehardloop en in een groep bymekaargekom om uiting aan hulle vreugde te gee. EHS het oortuigend gewen met 663 punte teenoor die naaswenner Hoërskool Frikkie Meyer se 638 punte.

Mogol Pos het Dinsdag met Joubert gesels om uit te vind presies hoe dankbaar en trots hy op sy skool is.

“Na baie bloed, sweet, trane en wilskrag het EHS die bekers huis toe gebring,” het hy gesê.

Hy het die atletiekorganiseerder, PT van Staden en spanbestuurders George McAlpine en Erma Weber bedank vir hulle strategiese bestuur en motivering van die atletiekspan.

“Baie dankie ook aan die afrigters en personeel wat dag na dag in die warm son met die atlete gewerk het. ʼn Besondere dankie ook aan die buite-afrigters, Riaan Vosloo, Elmé Young, Jan Vos, Armandt Davis, Wikus Geyser en Hildegard Snyman wat jare se ervaring met die atlete gedeel het. Julle het ʼn enorme bydrae daartoe gelewer dat die atlete so goed presteer het. As daar enige buite-afrigter is wie se naam ons uitlaat, vra ons om verskoning.

“Nog ʼn dankie aan elke atleet wat sy of haar deel gebring het – julle het deur alles te gee verseker dat Hoërskool Ellisras se naam in die Bosveld Interhoër-joernale ingegraveer is,” het Joubert verder gesê.

Hy het die sangers geprys vir hulle harde werk en dat hulle die dag se hitte trotseer het om die atlete aan te moedig tot groot hoogtes.

“Ek bedank ook vir Paul Liddle, skoolhoof van Hoërskool Warmbad en die res van die skool vir hulle gasvryheid en organisasie. Dankie aan die ouers wat agter elke oefeningsessie aanry en let wel – oefening vir die interhoër begin nie eers in Januarie nie, maar reeds in September.”

Hy het laastens dankie gesê aan die skole wat die #SkibidiChallenge aanvaar het. Dié uitdaging was ʼn idee wat voortgespruit het uit die Groentjiekonsert en die uitdaging het as gevolg van Christa Meiring ontstaan. “Ons is trots om te sê dat Martin Bester van Jacaranda se “Breakfast with Bester” ons idee “gekoop” het en nou die uitdaging aan skole in Gauteng stel,” sê Joubert.

Hoërskool Ellisras se atlete het hulle alles gegee. Jadrin van Blerk (o. 14) het die trofee ontvang vir die beste veldatleet en hy behaal ʼn welverdiende eerste plek in hoogspring. Jadrin en Tshepang Dankuru het beide die hoogspringrekord verbeter en dieselfde hoogte behaal maar Tshepang behaal ʼn tweede plek omdat hy die lat meer kere afgespring het.

Kobi Erasmus (o. 17) ontvang die trofee vir die beste baanatleet in die 400 m hekkies en sy verbeter ʼn 2011-rekord van 1:05,80 s met ʼn allemintige 61,08 s.

Bianca Nel (o. 17) verbeter die 200 m rekord. Sy ontvang goud vir die 100 m, 400 m en die 200 m.

EHS seuns behaal ʼn algehele eerste plek en die dogters ʼn tweede plek. Die o. 17-dogters en die o. 16-seuns behaal eerste plekke met die aflosse.

Die dirigente, Leandri van Deventer, GP du Preez, Anneke Rossouw en Steven Verwey behaal ʼn tweede plek.

Aleyneh Pienaar (o. 14) ontvang ʼn silwer medalje vir die 400 m; Rina Molebatsi (o. 14) received four silver medals, namely in the 90 m hurdles, long jump, 300 m hurdles and the relay. Tshepang Dankuru u. 14 came second in the high jump and received a silver for relay. Niel Smit (o. 14) wen goud vir diskus en verspring en silwer vir spiesgooi en aflos. Mohau Tswidi (u. 14) won two silver medals for 300 m hurdles and the relay. Nardo Croukamp (o. 14) wen silwer vir diskus. Ewald Botha (o. 14) ontvang drie goue medaljes, naamlik in die 100 m, 200 m en 400 m en ʼn silwer medalje vir die aflos.

Ruben Vosloo (o. 15) behaal ʼn eerste plek in die 100 m, Thikhedzo Mulaudzi (u. 15) came second in 100 m hurdles; Christi Kaiser (o. 15) het die 400 m blitsvinnig kafgedraf vir ʼn eerste plek en ontvang ook goud vir die aflos. Christelle van der Merwe (o. 15) wen goud vir die 100 m, 200 m en silwer vir verspring. Die o. 15-dogters kry goud vir hulle aflos. Ann-Lee Engelbrecht behaal ʼn eerste plek in die 800 m en sy kry goud vir die aflos.

Daney Potgieter (o. 16) wen gewigstoot en behaal ʼn tweede plek met diskus. Dries du Preez (o. 16) ontvang twee goue medaljes, naamlik vir spiesgooi en diskus en ʼn tweede plek in gewigstoot. Die o. 16-seuns, Hardus Smit, Gerhard Moller, Estiaan Higgo en Jan du Plessis wen hulle aflos en ontvang goud. Jan du Plessis wen ook die 400 m hekkies en behaal ʼn tweede plek in die 100 m en 200 m. Nachelle Beetge (o. 16) ontvang twee goue medaljes, naamlik vir die 400 m hekkies en 400 m en sy ontvang silwer vir die 200 m.

Tokkie de Beer (o. 17) ontvang twee goue medaljes, naamlik vir die 110 m hekkies, 400 m hekkies en silwer vir die 400 m.

Rickus Ellis (o. 17) ontvang goud vir hoogspring; JP van Staden (o. 17) ontvang goud vir spiesgooi en Jandri Venter (o. 17) ontvang goud vir spiesgooi.

Tumelo Ngoepe (u. 19) came second in the 100 m hurdles; Mosebudi Matsoma (u. 19) received two silver medals namely for the 100 m and long jump. Nico Snyman (o. 19) ontvang goud vir die 400 m en silwer vir die 200 m; Conrad Prinsloo (o. 19) ontvang goud vir diskus en silwer vir gewigstoot. Montshiwa Selby came second in the 800 m; Stefanie Heystek (o. 19) ontvang goud vir diskus en die o. 19-dogters behaal ʼn eerste plek in die aflos.

“Een dorp … een skool … een doel,” het Joubert afgesluit.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.