Werdie bly bobaas boogskut

LEPHALALE — Van alle sportlui in Lephalale is Werdie van Staden sekerlik die suksesvolste. Werdie het van jongs af die boogskietrekords laat spat en hy doen dit steeds.

Werdie is die naweek van 8 Junie by die Mpumalanga IBO-kampioenskappe as die beste skut van die dag aangewys en hy wen goud in die “hunters-“ afdeling met ʼn nuwe rekord. Hy verbeter op sy eie vorige rekord van 206 na 207 uit 220.

Hennie van Staden (Werdie se pa) neem deel in die “Male Senior Release” afdeling en met ʼn telling van 190/220 mis hy die goud met ses punte, maar hy verwerf steeds die silwer medalje.

Die kampioenskap het by Magnum Archery in Pretoria plaasgevind. Die opkoms was goed; die baan moeilik en die weer gunstig.

Die volgende groot boogskietkompetisie is die Gautengkampioenskappe op 20 Julie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.