“Wille talente”

LEPHALALE — Die personeel en kinders van Laerskool Ellisras Kleuterskool het Dinsdagaand 21 November hul talente ten toon gestel tydens ʼn pragtige konsert met die naam “Wille Talente”.
Die teks is geskryf deur Loraine van der Watt, skoolhoof en het gegaan oor al die “dieretalente” in die woud. Karakters soos kameelperde, skilpaaie, leeus, krokodille, apies, seekoeie, sebras, olifante, renosters en hasies het die gehoor deurgaans vermaak. Ouers kan trots wees op hierdie klomp kleintjies wat soveel selfvertroue uitstraal op die verhoog.
Die dekor was eweneens indrukwekkend en getuig van nog hope talent onder die ouers en kleuterskoolonderwysers.
Gaan kyk gerus op Mogol Pos se Facebook-bladsy vir hope foto’s van dié stralende akteurs.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.