Wynveld Wynfees 2018

LEPHALALE — Vanjaar se Wynveld Wynfees word op 12 Mei by Mogolklub aangebied. Dit is die enigste van sy soort in die Waterbergdistrik en beloof om ʼn onvergeetlike dag vir alle wyn- en kosliefhebbers te wees.

Nadat verlede jaar se Wynfees so ʼn groot sukses was, is daar besluit om dit weer te doen – dié keer nog groter en beter!

Wynveld Wynfees ondersteun vanjaar “The Rhino Orphanage,” ʼn organisasie wat renosterkalfies, wat slagoffers is van renosterstropery, rehabiliteer.

Feesgangers sal elk ʼn wynproeglas, geborg deur @Sold Properties, ontvang en daarmee kan gratis wyn geproe word van top-wynplase.

Wyne van Beyerskloof, Hermanus-pietersfontein, Seven Oaks, Lourensford, La Couronne, Paul Cluver, Robertson, Perdeberg, Jan Harmsgat, “time for wine”, Louis57, Vrede en Lust en Rietvallei sal geproe kan word.

Brisket burgers, sushi, sout- en soethappies, hoenderpaninis, gevulde pannekoeke en biltong is maar net enkele van die heerlike delidisse wat beskikbaar sal wees. Nie-drinkers hoef nie weg te bly nie – daar gaan koffie, tee, koeldranke, water en virgin-mojitos beskikbaar wees.

Die kinderarea (teen ʼn ekstra fooi) sal verseker dat Ma en Pa heerlik kan ontspan.

Musiekkunstenaars sal sorg vir gesellige vermaak terwyl vriende en familie rustig op die gras, onder die bome, met ʼn wyntjie in die hand, kan uitspan en die lewe vier.

Eie gazebo’s en stoele sal ʼn bonus wees.

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by www.quicket.co.za en kan ook by Perfect 10 Lephalale gekoop word.

Alle belangstellendes word aangemoedig om so gou as moontlik kaartjies te koop aangesien daar net ʼn beperkte aantal kaartjies by die hek beskikbaar sal wees.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.