Algehele welstand belangrik

LEPHALALE — Mogol Pos het Leau de la Vie, die Osoonterapie-, gesondheid- en skoonheidskliniek by die Bosveldfees opgespoor. Volgens die eienaars, Miemie Pearson en Michelle Petzer, het hulle goeie blootstelling gekry en hulle bedank almal wat ʼn draai by hulle stalletjie gemaak het.

Hulle het ʼn “Raffle”-kompetisie gehou en die wenners is as volg:

Audrey Horkins wen 10 osoonsessies ter waarde van R2 000, Elsa Conradie wen Cryolipolysis-behandeling en twee osoonsessies ter waarde van R1 150 en Lynn Dodds wen twee masseerstoelbehandelings, ʼn dag- en nagroom ter waarde van R900.

Hulle beklemtoon die waarde en voordele wat osoonbehandeling het vir verskeie siektetoestande en vir ʼn mens se algehele welstand. Wie wil nie graag stresloos deur die lewe gaan, gewig verloor of behandeling vir ʼn ernstige siekte ondergaan nie? Gaan loer gerus op hul webtuiste by www.leaudelavie.co.za vir al die inligting rakende osoonbehandeling.

Die Leau de la Vie-kliniek is in Klapperstraat 5 in Onverwacht geleë of skakel hulle by 079 940 5197 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.