Elegansie op sy beste

Die nuwe sirkel waarvan Charlie Sparks die kontrakteur was

LEPHALALE — Lephalale spog met ʼn splinternuwe vulstasie. Elegant Fuel Lephalale het amptelik op Vrydagmiddag, 8 Desember begin besigheid doen. Dié vulstasie beskik oor moderne fasiliteite waaronder die kiosk met ʼn wye verskeidenheid produkte asook die Mama Africa Takeaway – ʼn ware fees vir die oog.
Volgens Marius Coetzee, bestuurder van die vulstasie, word nog uitbreidings beplan waar onder ʼn delikatessewinkel. Hy sê verder voertuigeienaars kan gerus hulle brandstofpryse met ander vulstasies vergelyk – veral die dieselprys.
Elegant Fuel Lephalale is gunstig geleë by die nuwe sirkelingang van die dorp vanaf Vaalwater en Thabazimbi en beloof om ʼn oase vir die moeë reisiger te wees.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.