House of Plumbing — Groter, beter, geriefliker

LEPHALALE — House of Plumbing in Lephalale het geen bekendstelling nodig nie en is die droomhandelaar vir elke loodgieter, kontrakteur, nutsman of vrou van ʼn flukse man. Dié besigheid is al deur en deur bewys as spesialiste op die gebied van loodgietersmateriaal en uitstekende dienslewering.

Direkteure en personeel van House of Plumbing tydens die opening van die nuwe perseel

House of Plumbing se Lephalale-tak het pas vanaf die ligte nywerheidsgebied in Onverwacht geskuif en ʼn spogwinkel in die Marula Mile in J Louis Botharylaan oopgemaak.

Die groter en meer aanloklike vertoonsaal bied kopers, argitekte en voornemende bouers die geleentheid om presies te sien wat in hulle smaak val.

Die amptelike opening van die nuwe winkel is Saterdag 5 Mei gehou en dit was goed deur die publiek bygewoon.

Verskeie verskaffers aan House of Plumbing het ook die geleentheid benut en uitstallings op die parkeerterrein gehou en mense sodoende ingelig oor hul produkte.

Celliers van der Merwe, bestuurder van House of Plumbing Lephalale, sê trots dat die groei van die winkelgroep die gevolg is van die verkoopspersoneel se uitstekende ervaring in die bedryf, goeie produkkennis en vinnige en doeltreffende dienslewering.

House of Plumbing doen ook aankope in groot maat wat die groep in staat stel om produkte teen mededingende pryse aan klante te verskaf. Hulle dra ʼn wye verskeidenheid asook groot volumes voorraad wat dit vir hulle moontlik maak om klante meesal onmiddellik te help.

Celliers nooi almal uit om hulle nuwe perseel te besoek vir ʼn heerlike koopervaring en hulle onderneem om elkeen van diens te wees. Skakel House of Plumbing Lephalale by 014 763 6960/1.

Celliers bedank Riekie Boshoff van Connies Plants vir al die plante wat sy vir hulle beskikbaar gestel het om die uitstalling te verfraai.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.