Leiers in industrie

Elize en Theuns voor hul besigheid in die ligte nywerheidsgebied

LEPHALALE – Theuns en Elize Verster het in 2001 die gevestigde Ellisras Auto Paneelkloppers in die ligte nywerheidsgebied gekoop en nog nooit teruggekyk nie.
Dié besigheid het deur die jare van krag tot krag gegaan en staan uit as leier in die paneelklopindustrie.
Hulle doen herstelwerk vir Ford, Mazda, Isuzu en GM-produkte wat onder waarborg herstel moet word, maar hulle doen ook herstelwerk aan ander fabrikate en vir privaatinstansies. Theuns nooi veral mense met vintage-voertuie wat restourasie nodig het uit om hulle te besoek.
Groot uitbreiding word in die vooruitsig gestel vir vroeg in 2018 waaroor Theuns en sy personeel baie opgewonde is. ʼn Tweede spuitverfaanleg vir waterbasisverfwerk gaan in bedryf gestel word en goeie nuus vir Toyota-voertuigeienaars is dat Ellisras Auto Paneelkloppers binnekort by Toyota Suid-Afrika finale goedkeuring gaan kry om Toyota-voertuie onder waarborg te herstel.
Met die vakansieseisoen op hande benadruk Theuns dit dat vakansiegangers gerus hul voertuie vir hulle kan neem om na te gaan voordat die langpad aangedurf word.
Dit bly hulle strewe om gehalte en bekostigbare diens aan die gemeenskap te lewer. Theuns en Elize bedank al die lojale kliënte wat deur die jare hul vertroue in Ellisras Auto Paneelkloppers stel wat hulle in staat stel om voort te bou op goeie dienslewering.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.