Moeiteloos mooi

Carla Beets, Anette Beukes, Lora-Mari Vermeulen (soömatoloog) en Lindi Pelser (RoZess-verteenwoordiger)

LEPHALALE — Annette Beukes en Carla Beets het pas ʼn splinternuwe konsep begin vir mense met leefstyl- en gewigsprobleme. Volgens hulle word die oorsprong van die probleem aangespreek en met hul nuwe mediese masjiene by The Perfect Body Clinic, wat in dieselfde perseel as Hannette’s Nails is, kan hulle bykans elke vlak van jou liggaam analiseer. Dit sluit die analise en interpretasie van spiervet, oorgewig, liggaamskomposisie in verskillende segmente van die liggaam en nog baie meer in.
Die wonderlike nuus is dat hulle nie net die probleemareas kan identifiseer nie, maar ook die oplossings daarvoor bied. Die proses begin met ʼn skandering op ʼn INBODY-skaal waar die probleemareas uitgewys word. Volgens Anette toets die skaal 98% akkuraat in vergelyking met die Dexa-skanderings wat in hospitale uitgevoer word.
Die volgende stap vir gewigsverlies is die mediese Lipo Laser-behandeling waar 425 kalorieë binne 30 minute vloeibaar gemaak word. Die fantastiese verdere stap is waar ʼn verdere 600 kalorieë van dié vloeistof in 30 minute verbrand word in ʼn FIR Sauna Dome met onmiddellike resultate. Alles moeiteloos sonder inspanning!
The Perfect Body Clinic beskik ook oor ʼn resultaatgedrewe Lipo Sculpt-reeks wat geskik is vir tuisbehandeling.
Volgens Anette en Carla is die enigste kontra-indikasies vir persone met pasaangeëers, swanger vrouens en vrouens wat borsvoed.
Hulle nooi almal vir wie leefstyl en oorgewig ʼn probleem is om hulle te besoek vir kundige advies en aanbevelings.
Skakel die salon by 014 763 3602 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.