Musiek is lewe

LEPHALALE — Viva Musiek Akademie het in Januarie 2018 geopen en hulle bied musieklesse in verskeie instrumente aan, aanvanklik in klavier, kitaar, blokfluit, viool en orrel. Hulle bied ook sanglesse aan.
Daar is min dinge in die wêreld wat jou siel kan aanraak soos musiek. Dit gee immers kleur aan emosies.
Die eenvoudigste melodie kan herinneringe van lank vergete gebeure na vore bring.
Musiek is die enigste taal wat reg oor die wêreld verstaan word en wat mense van verskillende omstandighede en kulture kan saamvoeg.
Musiek stimuleer die ontwikkeling van ’n goed gebalanseerde brein en behoort elke dag deel van ‘n kind se ontwikkeling te wees.
So waarom wil jy net musiek hoor as jy die vermoë het om self musiek te kan maak?
Sluit aan by Viva Musiek Akademie en bied jouself die geleentheid om verryk te word en ʼn musiekinstrument te leer speel.
Riekie Stopforth, Leazanne Trichardt en Annelize Uys is betrokke by die musiekafrigting en hulle het ‘n passie vir musiek en om mense te leer musiek maak in Lephalale.
Viva Musiek Akademie is gestig om ʼn behoorlike platvorm vir die gemeenskap van Lephalale te skep vir onontginde musikale talent.
Hulle hoop om in die toekoms vele studente en nuwe onderwysers te betrek en nooi almal wat belang stel in die Viva Musiek Akademie om hulle te skakel by 073 421 9756 vir meer inligting.
Die naam sê dit alles – “music is life”!

Without music, life is a mistake – Fredrich Nietzsche (‘n Duitse filosoof)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.