Waterberg pompe

Riana en Vanessa van die Waterberg Pompe-familie waar die kliënt se behoefte eerste kom

LEPHALALE — Vroeg in 2016 het Waterberg Pompe die lig gesien in Jan Leestraat. Nodeloos om te sê, hierdie familiebesigheid met Paul O’Neale en sy vrou Riana, hul seun Deneys O’Neale en dogter Vanessa Crous aan die stuur, het met uitmuntende bestuursvernuf, kundigheid en entoesiasme gegroei tot ‘n besigheid om van kennis te neem in Lephalale.
Paul is reeds vanaf 2008 besig om herstelwerk aan pompe te doen vir privaatpersone, maatskappye en die munisipaliteit en beskik dus oor jare se ondervinding en kundigheid op die gebied van pompe en meganiese werk.
Waterberg Pompe spesialiseer in die verkoop, herstel en onderhoud van pompe en is verspreiders van die volgende gehalte produkte: CRI, Brubin, Saer, Hidrostal, Vansan ens. asook die instandhoudingsonderdele en verwante produkte soos pype, ens..
Dit is egter nie waar dit stop nie, hulle is verder verskaffers van die bekende Honeywell Water Solutions wat ‘n wye reeks Envirox Water-produkte insluit soos bekostigbare en doelftreffende solarverhitting en waterfiltrasiesisteme vir huishoudelike sowel as kommersiële gebruik. Waterberg Pompe is ook verskaffers van die grootste beroepsvelsorg produkreeks nl. Debstoko® wat die hele spektrum van velsorg vir die industriële- , kommersiële- , voedsel- en gesondheidsmark insluit. HSE Hy-med Solutions se “PPE”-produkte is ook by hulle te kry.
Hulle nooi die publiek, boerderygemeenskap, kontrakteurs en ander maatskappye om met ‘n geruste hart by hulle aan te klop vir kundige raad, kwaliteit produkte en vriendelike diens.
Skakel Waterberg Pompe by 014 763 1602 of stuur ‘n e-pos na sales.waterbergpumps@gmail.com vir enige navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.