5 van EHS deur na SA’s

LEPHALALE — Die topatlete van Hoërskool Ellisras het Saterdag 10 Maart aan die Limpopo Kampioenskappe by die Polokwane Universiteit van die Noorde deelgeneem en uitstekend presteer.

Die uitslae is as volg: Johan Kleynhans (spiesgooi derde), Johan Janse van NIewenhuysen (spiesgooi en gewigstoot derde), Jan du Plessis (300 m hekkies eerste en 200 m tweede), Tokkie de Beer (110 m hekkies eerste en 400 m hekkies – hy hardloop die 400 m hekkies in ʼn hoër ouderdomsgroep), Dries du Preez (diskus eerste en spiesgooi eerste), Ruben Vosloo (200 m eerste – hy hardloop in ʼn hoër ouderdomsgroep), Nelia Grobler (diskus eerste en gewigstoot tweede), Stefanie Heystek (diskus eerste), Johan Pistorius (diskus tweede), Renette Alberts (verspring tweede en hoogspring derde), Nachelle Beetge (300 m hekkies eerste en 200 m tweede), Jandri Venter (spiesgooi tweede) en Daney Pogieter (gewigstoot tweede).

Vyf atlete kwalifiseer om aan die SA’s deel te neem wat vanaf 20 Maart in Potchefstroom gehou word, naamlik Ruben Vosloo, Tokkie de Beer, Jan du Plessis, Nachellle Beetge en Stefanie Heystek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.