50-klub

50-klub

LEPHALALE – Mogol parkrun se 50-klub kry elke week nuwe lede en Saterdag 12 November het Geraldine du Randt amptelik ‘n lid van Mogol parkrun se 50-klub geword. Sy spog boonop met ‘n persoonlike beste tyd van 25 minute en 34 sekondes – die vierde beste tyd in haar ouderdomsgroep.
Geraldine neem haar kleuters saam as sy parkrun en hulle geniet dit baie om saam met hul ma in die stootwaentjie te ry as sy die roete doen.
Anika van Rooyen is ook nou ‘n lid van Mogol parkrun se 50-klub – sy sluit dus aan by haar ouma, pa en ma wat reeds 50 parkruns voltooi het. Anika is met reg trots op ‘n persoonlike beste tyd van 27 minute en 48 sekondes wat sy Saterdag behaal het. Dit is die vyfde beste tyd in haar ouderdomsgroep by Mogol parkrun. Anika is die eerste Limpopo-gebaseerde junior dame wat by parkrun se 50-klub aansluit. Wilmi is die volgende lid van die Van Rooyen- gesin wat binnekort haar 50ste parkrun gaan voltooi.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.