Balle vir besighede

LEPHALALE — ʼn Rolbaldag vir besighede vind Woensdag 7 Februarie by Mogolklub se rolbalbane plaas. Dit begin stiptelik 17:30.

Die klub nooi besighede om spanne van vier elk in te skryf. Balle vir oefening asook vir die toernooi is beskikbaar. Dit beloof ʼn aand van pret en plesier en kan sommer as ʼn fantastiese spanbousessie vir jou besigheid dien.

Kontak Linton of Ella Burger by 083 657 4089 of 082 895 9477.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.