Bossie-boogskuts

VAALWATER — Laerskool Bosveld Primary se boogskuts het die naweek van 2 Maart aan die eerste boogskietkompetisie vir die jaar deelgeneem by Waterberg Academy in Vaalwater.

Kwena Raseruthe, Jaco Botes, Franco Oberholzer, Salome Boshoff, Willie Boshoff, Dane Marnitz, Julio Marques en Nelia Grobler

Die Bossies se eerste span behaal ʼn eerste plek met die Bullseye-kompetisie en die ander Bossiespan behaal ʼn derde plek.

Franco Oberholzer behaal ʼn tweede plek en Willie Boshoff ʼn derde plek in beide die Bullseye- en 3D-kompetisie en Mischka Prinsloo behaal ʼn eerste plek in die Bullseye- kompetisie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.