Bossie-netbal woeker met talente

LEPHALALE — Die netbalspelers van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 2 Maart gewoeker met hulle talente tydens ʼn netbaldag by Laerskool Koedoeskop.

Die Bossiespelers het 12 van die 16 wedstryde gewen, drie verloor en een wedstryd het gelykop geëindig.

Die afrigters kon beoordeel of die spelers in die regte posisie speel en skeidsregters van talle skole het die geleentheid gehad om hulle kennis te toets en hulle is op grond daarvan gegradeer.

Die Bossie-netbalspanne speel die naweek van 9 Maart wedstryde by Laerskool Krugerpark te Mokopane en die afrigters sê hulle sien uit daarna om die spanne voor te berei vir die ligas wat volgende kwartaal plaasvind.

Skoolhoof Louwtjie Pretorius wens elke afrigter wat moet gradeer sterkte toe en hy wens die netbalspelers geluk met die goeie uitslae wat hulle by die eerste byeenkoms vir die jaar behaal het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.