Bossies se Sportdag

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 21 April as gasheer opgetree vir ’n Bulletjierugby- en Mininetbaldag waaraan ses skole deelgeneem het.

Skoolhoofde, afrigters en beamptes is met ope arms ontvang en getrakteer en die besoekers was baie beïndruk met die skool se mooi tuin en goeie fasiliteite.

Ongeveer 310 netbal- en 258 rugbyspelers het mekaar die stryd aangesê – onder luide aansporing van hulle ouers, grootouers en talle ander ondersteuners.

Die organiseerders van dié sportdag sê dit sou onmoontlik wees om so ʼn suksesvolle geleentheid aan te bied sonder die oop hand van verskeie borge.

“Dankie vir die reuse aandeel – om te kon sien hoe elke deelnemer sy of haar medalje trots ontvang, maak die personeel van Laerskool Bosveld Primary opreg dankbaar,” sê Louwtjie Pretorius, skoolhoof.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.