Bossiespan Limpopo-naaswenners

LEPHALALE — Die o. 11-, o. 12- en o. 13-netbalspan van Laerskool Bosveld Primary het Vrydag 1 Junie aan die Limpopo-kampioenskappe in Tzaneen deelgeneem.

Die o. 11-span wen vier wedstryde en speel uit teen Oosskool. Dié wedstryd eindig gelykop en die spelers ontvang ekstra speeltyd. Die Bossies verloor met ʼn telling van 5-3 en tree dus as Limpopo-naaswenners uit die stryd.

Die netbalafrigters sê hulle sien uit na 2019 se netbalseisoen en hulle bedank die dogters vir hul harde oefening en toewyding gedurende die afgelope seisoen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.