Bossietennis

Wannie Viviers
LEPHALALE — Die tennisspelers van Laerskool Bosveld Primary het Donderdag 18 Augustus goed gevaar in hul wedstryde teen Laerskool Vaalwater. Die A-span dogters en B-span seuns was algehele wenners van die dag.
Anika van Rooyen, Anika Lampbrecht, Sariëtte Pretorius, Tamia Oakes, Ruan Prinsloo, Wiaan van der Westhuizen en Albert von Rönge het hulle enkels-wedstryde gewen.
Dubbelpare-wenners was Ruan en Manu, Wiaan en Albert en Janco en Erhard.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.