Bosveld- rugby aan die brand!

LEPHALALE — Die junior en senior rugbyspanne van Laerskool Bosveld Primary het onlangs na Jubaweni getoer.

Die o. 11-span wen twee van hulle vier wedstryde en die eerste span wen drie van hulle vier wedstryde.

Daniel Leahy skrik vir niks!

Die afrigters sê die kompetisie was straf, maar hulle, saam met die spelers, het baie geleer. Hulle sê die seuns is gereed vir die Super 8-toernooi wat die naweek van 13 April in Polokwane plaasvind.

“Ons is trots op die rugbyseuns wat skitterende rugby gespeel het tydens die afgelope toere, maar is bowenal opgewonde vir die rugbyseisoen wat voorlê,” sê die afrigters.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.