Die wen- spanne

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die sportspanne van Hoërskool Ellisras het Saterdag 28 Mei aan ‘n sportdag teen Hoërskool Piet Potgieter op hulle velde deelgeneem en veral die netbalspanne het baie goed gevaar.
Die eerste netbalspan wen 32-21, die o.16’s wen 27-16 en die o.14A’s wen 20-12.
Die o.14-rugbyspan het met oorgawe gespeel en verdedig dat die stof staan. Hulle wen uiteindelik die wedstryd met ‘n telling van 3-0. Dié span is nou die kringwenners en dring deur na die Limpopo semi-finale wedstryd wat op 11 Junie teen Hoërskool Louis Trichardt op hulle velde gespeel word. Hierdie span het vanjaar nog nie een enkele wedstryd verloor nie en hulle mik vir die Beeldtrofee.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.