EHS-atlete presteer

Conrad Prinsloo, skoolhoof Adriaan Joubert en Niel Smit

LEPHALALE — Die atlete van Hoërskool Ellisras het Vrydag 25 Januarie aan ʼn prestige atletiekbyeenkoms te Hoërskool Pietersburg in Polokwane deelgeneem en twee EHS-leerders, Niel Smit en Conrad Prinsloo, het uitstekend presteer.

Niel Smit, seuns o. 14, word aangewys as die Junior Victor Ludorum en hy ontvang ook ʼn medalje vir die beste velditempresteerder van die dag. Hy gooi die diskus ʼn volle 43,38 m ver.

Conrad Prinsloo, seuns o. 19, verbeter die gewigstootrekord van 2004 tot ʼn allemintige 15,07 m. Dit is ook sy persoonlike beste afstand.

Deelnemende skole was Hoërskole Pietersburg, Merensky, Piet Potgieter, Tom Naude, Northern Academy en Ellisras.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.