EHS fietsryers vaar goed

LEPHALALE — Vyf leerders van Hoërskool Ellisras het Saterdag 24 Maart in Tzaneen aan die Munnik Meerkat Fietswedren van 35 km deelgeneem.

Menno, Janco, Henja en Xander (Peet –afwesig)

Menno Glas behaal ʼn derde plek in sy kategorie en ʼn algehele vierde plek vir die dag. Henja Glas behaal ʼn vierde plek in haar kategorie en Xander Higgo ʼn sesde plek.

Nuwe ryers Janco von Ronge en Peet Botha het goed gevaar en hulle behaal onderskeidelik ʼn 15de en sesde plek.

Die skool rig ʼn vriendelike versoek aan elkeen wat moontlik ʼn fiets het wat nie tans gebruik word nie om dit asseblief aan die skool te skenk.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.