EHS is reg vir Interhoër

Agter v.l.n.r.: Tokkie de Beer, Nachelle Beetge, Dries du Preez, Conrad Prinsloo, skoolhoof Adriaan Joubert, Kobi Erasmus, Ann-Lee Engelbrecht, Christelle van der Merwe, Christi Kaizer en Rina Molebatsi en voor: Thikhedzo Mulaudzi, Jan du Plessis, Niel Smit, Ewald Botha, Jadrin van Blerk en Tshepang Dankuru

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Vrydag 8 Februarie aan ʼn prestige atletiekbyeenkoms by Hoërskool Oos-Moot in Pretoria deelgeneem. Deelnemende skole was Hoërskole Pietersburg, Akasia, Oos Moot, Centurion, Frikkie Meyer, Piet Pogieter, Sutherland, Curro Serengeti, Nylstroom, en Ellisras.

Drie van EHS se atlete het verbeter op bestaande rekords.

Jan du Plessis verbeter die 400 m hekkies seuns o. 16 met ʼn tyd van 57,03 s, Nachelle Beetge verbeter die 400 m rekord met ʼn tyd van 59,40 s en Ewald Botha in die 200 m met ʼn tyd van 23,30 s.

Nachelle het drie eerste plekke verwerf, naamlik in die 400 m hekkies (64,19 s), 200 m (25,50 s) en die rekord vir 400 m.

Kobi Erasmus, dogters o. 17 behaal ʼn eerste plek in die 400 m hekkies; Christelle van der Merwe behaal drie eerste plekke – in die 100 m (12,70 s), 200 m (26,18 s) en verspring (4,89 m).

Jadrin van Blerk seuns o. 14 behaal ʼn eerste plek in hoogspring (1,70 m); Ewald Botha seuns o. 14 behaal drie eerste plekke in die 100 m (11,37 s), 200 m (23,30 s) en die 400 m (57,00 s). Niel Smit behaal ʼn eerste plek in gewigstoot (10,23 m) en in diskus (40,11 m). Tiketso Mulaudzi boy’s u. 14 obtained a first place in the 100 m hurdles with a time of 14,20 s. Tokkie de Beer seuns o. 17 behaal ʼn eerste plek in die 110 m hekkies met ʼn tyd van 15,16 s en Christi Kaiser dogters o. 15 behaal ʼn eerste plek in die 400 m (61,00 s).

Tweede plekke word behaal deur Dries du Preex seuns met diskus en spiesgooi; Tokkie de Beer in die 400 m hekkies; Ann-Lee Engelbrecht in die 800 m; Rina Molebatsi in long jump, 300 m and 90 m hurdles; Bianca Nel in die 100 m, 200 m en 400 m; Conrad Prinsloo gewigstoot en diskus; Thikhedzo Mulaudzi in the 300 m and Tshepang Dankuru in the 100 m hurdles.

Skoolhoof Adriaan Joubert sê hy kan nie wag vir die Interhoër wat Saterdag 23 Februarie in Bela-Bela gehou word nie.

“The war is on!”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.