EHS-nuus

Limpoporuiters

V.l.n.r.: Fred Pistorius, Carli Liversage, Johan Pistorius en Janco de Bruin

LEPHALALE — Perderuiters van Hoërskool Ellisras is onlangs beloon met Limpopokleure.
Volgens Fred Pistorius reis hulle en hul perde die hele land vol om aan kompetisies deel te neem.
Fred se perd se naam is Tarkastad, Janco se perd is Cappi, Johan Pistorius se twee perde is Spirit en Abidan en Carli se twee perde heet Amri en Revo.
Carli doen perdespring en die seuns doen “tentpegging”.

Boogskuts by SA’s

LEPHALALE — Boogskuts van Hoërskool Ellisras het onlangs aan die SA-boogskietkompetisie in Uitenhage deelgeneem. Hulle is voor v.l.n.r.: Safdar Williams, Bianca Bierman, Michka Witbooi, Janet Vorster, Codi Janse van Rensburg, Yoosuf Rossier en agter: FA Kemp, Jason Vorster en Waldo Maritz

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.